Breestraat 36, Parys Cell: 0828942488 Faks: 0568115033Epos: dieblakermaker@parys.co.za

 

 


Welkom by Die Blakermaker - Staalkunsgalery

Die naam “Blakermaker” is eg Afrikaans en kan nie vertaal word na Engels toe nie. Dave Strydom het 21jaar gelede as Boilermaker met die stokperdjie begin om kersblakers en staalblomme te maak. Nietemin het Dave besef dat dit so gewild sou raak dat hy 6jaar later sy werk as boilermaker kon laat vaar en n besigheid in Parys begin het. “Die Blakermaker” bestaan vandag al reeds 15 jaar en is n bekende baken in Parys.

35 duisend cecho’s? Dis hoeveel daar gemaak is tot op hede, dan praat ons nie eers van al die voels, wilde diere, hang en staanblomme nie. “Die Blakermaker se werke pryk van regoor Suid-Afrika tot oorsee. Die geheim is hardewerk, deursettings vermoe en baie kreatiewe tyd. “Die Blakermaker” se kunswerke is nie net n kunswerk nie, Dave se die werke moet lewe. Elke kunswerk het n lig agter wat dit laat lewe in die aand, dit moet prakties ook wees.

Dave werk vandag saam met sy vriend “Pieter Vermeulen” Pieter is die moderne een wat met die idee vorendag gekom het om staal en skilderye saam te kombineer. Moderne ligte is weer sy passie. Dave & Pieter werk vandag saam met 6 ander skildenaars.

“Die Blakermaker” is oop van Dinsdae tot Sondae vanaf 9h00 – 17h00, vakansie dae ook. Doen jouself die guns en gaan kyk maar gerus, daar wag n verrassing van verskeie kuns & kunswerke.

 


Staalkunsgallery
   

 
             

 
© Die Blakermaker | South Africa
     
Website by: Parys Art
 

Breestraat 36, Parys | Cell: 0828942488 | Faks: 0568115033 | Epos: dieblakermaker@parys.co.za